Sappi VOëLS VAN SUID-AFRICA | BESTEL
DIE OUTEURS

Saartjie Kidson
Co-author of Spotter's Guide to Birds series.

Herman van Niekerk
Writer of 11 books and more than 300 articles.
Saartjie Kidson en Herman van Niekerk, die outeurs, het in 2003 'n leemte in plaaslike voëlboeke raakgesien en ernstig aan 'n nuwe reeks innoverende voëlgidse begin werk. Hulle kennis, liefde vir die natuur en betrokkenheid by voëlkyk en natuurbewaring het hulle paslik toegerus vir so 'n omvangryke projek. Die gewilde Kitsgids tot voëls van die Bosveld en Kitsgids tot voëls van die Laeveld, is voltooi met waarde toevoegende DVD's en 'n voëlklanke CD daarby. Daarna is die reuse sprong geneem om basies dieselfde konsepte oor te dra na 'n nasionale Suid-Afrikaanse voëlgids. Gevorderde tegnologie wat deur Briza Publikasies ingespan is, het dit egter nou moontlik gemaak om die afsonderlike DVD met die klankleser® te vervang en sodoende die toeganklikheid van die klanke aansienlik verbeter. 'n Eerste vir Suid-Afrika.

Die outeurs is oortuig daarvan dat voëlkyk in Suid-Afrika nou grootliks gaan verander en dat veral 'n nuwe geslag jong voëlkykers die geleentheid en tegnologie gaan aangryp en toegewyde voëlkykers gaan word.

Saartjie was, onder andere, ook stigterslid van die Naboomspruitvoëlklub en Herman van Friends of Nylsvley. Herman het ook reeds verskeie ander boeke gepubliseer.
ISBN (AFR): 978 1 920217 32 7
Extent: 320 pages
Format: 168 x 240mm
E-mail: birds@briza.co.za
www.brizabirdguide.co.za
FEATURES
HOME     |     PRODUCTS     |     BIRDING TIPS     |     ORDER     |     MEDIA     |     BIRD CALLS     |     SPONSORS     |     CONTACT
Website Terms | Administration © Briza Publications - All rights reserved